Sunday, June 24, 2012

KNIBBEL No.34 -'n WAARHEID WAT SKREIEND VERWAARLOOS WORD


Die Skrif leer ons dat dit moontlik is om 'n opwindende, lewensveranderende, veredelende ervaring van die krag en waarheid van die evangelie te hê  -  sonder om werklik saligmakende geloof te hê. Dit is moontlik om  so naby te kom aan die bonatuurlike kragte wat in God se koninkryk van genade werksaam is, dat dit effekte op jou het wat beswaarlik onderskeibaar is van dit wat God se wederbarende en heiligmakende genade voortbring  -  sonder om 'n deelgenoot van Christus en 'n erfgenaam van die ewige lewe te wees.
    'n Leerstuk van geloofsvolharding wat nie deeglik rekening hou met die moontlikheid en realiteit van sulke gevalle nie, moedig 'n laksheid aan wat volharding alles behalwe bevorder. Trouens, dit is hoegenaamd nie die Bybelse leer van die volharding van die heiliges nie. 

(Vrye vertaling van 'n paragraaf van die regsinnige en skitterende Skotse teoloog, John Murray, wat al sy lewe aan Westminster Seminary in die VSA verbonde was: Redemption  -  accomplished and applied, p.153).