Saturday, August 6, 2011

KNIBBEL No.30 - KAN DIE KERK HOEREER?

Die kerkgeskiedenis-professor wou vir sy klas 'n voëlvlug gee oor die ontwikkeling van die kerkgeskiedenis. Hy verduidelik dit toe só:
Die kerk het in Palestina ontstaan. Daar was dit aanvanklik 'n organisme, 'n liggaam.
Toe het die evangelie oorgespoel na Griekeland, waar dit spoedig 'n filosofie geword het.
Daarna het die evangelie posgevat in Italië en veral in Rome. Daar het die kerk mettertyd 'n regspersoon en 'n organisasie geword.
Toe het die kerk wortel geskied in Europa, waar dit algaande 'n tradisie en 'n kultuur geword het.
Na baie jare het die kerk 'n tipiese verskynsel in Amerika geword - waar dit 'n onderneming geword het, 'n besigheid.
Voordat die professor kon verder gaan, het 'n student sy hand opgesteek: "Professor, as 'n liggaam 'n besigheid word, is dit nie wat mens prostitusie noem nie?

No comments:

Post a Comment